Resilient Family Sielkundige Praktyk

Christelle du Plessis, Opvoedkundige Sielkundige

Resilient Family Tuis

"Wanneer die wind jou hot-en-haar verwaai
Moet jy net weet:
na selfs die ergste storm skyn die son weer."

Ek het besluit om my webtuiste "Resilient Family" te noem omdat dit soveel omvat van wat ek van mense en die gesin glo (as jy aan 'n goeie Afrikaanse weergawe van die naam kan dink, laat my gerus weet!)

Vir my skep die gesin die grondslag van alles in ons lewe- waar vandaan ons kom, wie ons is, waarin ons glo, en waarheen ons oppad is. 'n Gesonde gesinsdinamika skep ruimte vir 'n positiewe toekoms.

Ek weet dat ons almal een of ander tyd 'n helpende hand nodig het. Ek glo dat elke mens die innerlike krag het om, met die regte begeleiding en ondersteuning, die dwars klappe wat die lewe soms uitdeel, te kan hanteer en aan te gaan met 'n kwaliteit lewe.

Kontak my gerus indien jy of een van jou geliefdes 'n helpende hand nodig het.

Welkom

Waarmee kan ek help?

Ek help ouers, kinders en adolessente uitdagings wat die lewe bied, te oorkom en te bestuur met:

Konsultasie via die internet is moontlik. Vir meer inligting klik hier

Daar is tog 'n rede wanneer jou kind se skoolprestasie agteruit gaan. Daar is 'n wye verskeidenheid van redes en ek help my kliënte om te verstaan wat besig is om te gebeur, en wat gedoen moet word.

Assesserings

Ek doen intellektuele-, skolastiese- en emosionele assesserings. Ek doen ook skoolgereedheid- en beroepskeuse assesserings.

Vir ouers

Ek doen graag ouerbegeleiding om ouers te help met dissipline, hoe om met hulle kinders oor seks te praat, hoe om konflik in die gesin te hanteer. Ook, hoe om hul kinders te help om na die beste van hul vermoë te presteer. Ek geniet beroepskeuses met graad 10 - 12 en vakkeuse met graad 7 en 9 leerlinge.

Beroepskeuses met graad 10 - 12 studente en vakkeuse met graad 7 en 9's is 'n absolute fees!

Ouers het soms hulp nodig met korrekte skool plasing. Ek help graag daarmee.

Terapie

Ek doen terapie met beide kinders en adolessente wat sosiale-, emosionele- en skolastiese probleme ervaar (falingsangs, eksamen vrees, algemene angs, neerslagtigheid, verwerking van die dood van 'n geliefde of 'n troeteldier, ens). Ek help ook gesinne wat deur egskeiding gaan, of waar chroniese siekte gediagnoseer is.

Ek doen spelterapie, asook ander tipes psigo-terapie op grond van my kliënt se behoeftes. Ek is tans besig met 'n internasionale kwalifikasie in hipnoterapie en egostaat terapie. Ander terapieë sluit kognitiewe gedragsterapie (CBT), gestalt terapie, theraplay, ens. in. Ek help dus met alles wat met ouers, kinders en adolessente te make het!

Eerste Besoek

Tydens die eerste besoek gaan dit oor die insameling van inligting. Ons bespreek die probleem en/of bekommernisse wat aanleiding gegee het tot die besoek: gaan dit oor 'n spesifieke kind, oor jou as ouer of gaan dit oor die gesin? Ons leer mekaar bietjie beter ken sodat ek verstaan hoe ek jou en jou gesin die beste kan help. Ek gaan baie vrae vra sodat ek meer inligting kan kry:

Die eerste besoek duur gewoonlik 60 minute.

Die besoek kos R700-00 en is betaalbaar in kontant tydens die konsultasie. (Geen OTM of kaartmasjien is beskikbaar by die sentrum nie). Jy kan die fooi weer terug eis van jou mediese fonds, indien voordele beskikbaar is. Hierdie konsultasie fooi is minder as mediese fonds tariewe, omdat jy kontant betaal. Indien ek direk van die mediese fonds moet eis, verhaal ek die volle mediese fonds tarief (Discovery betaal tans 810-80 per uur).

Assesserings

Hoekom assesseer?

'n Assessering is gelykstaande aan 'n ondersoek wat jou huisdokter of 'n spesialis sal doen, voordat daar op behandel besluit word. Dis belangrik dat ek al die dele van die legkaart bymekaar kry en inpas sodat ons die probleem en jou kind se behoeftes kan verstaan.

Volle psigo-ovoedkundige assessering

Hierdie assessering word gedoen indien jou kind onderpresteer, nie kan byhou in die klas nie, ongemotiveerd voorkom, nie wil skool toe gaan nie, niks van skool hou nie, angstig is tydens toetse en eksamens, moontlike leerprobleme het, ens.

Ek doen 'n volle psigo-opvoedkundige assessering met kinders en adolessente sodat ek diagnostiese en kliniese inligting kan kry ten opsigte van hulle intellektuele vermoë, basiese skolastiese vaardighede en emosionele funksionering. Die doel is om jou kind en die gesin holisties sowel as sistemies te bekyk. Al die inligting word in ag geneem sodat ons met 'n plan van aksie of behandelingsplan vorendag kan kom. Sodoende verseker ons dat jou bekommernisse en die probleemareas aangespreek word.

Die intellektuele assessering dui jou kind se sterk- en swakpunte aan. Dit werp lig op hoe jou kind nuwe inligting aanleer asook probleemoplossings vaardighede. Dit gee ook 'n algemene aanduiding van jou kind se gekristaliseerde intellektuele vermoë. Verder verkry ons inligting ten opsigte van jou kind se konsentrasie vermoë, leerstyl sowel as ouditiewe en visuele perseptuele aspekte van jou kind.

Tydens die skolastiese assessering, word daar na basiese vaardighede gekyk soos lees, spelling en wiskundige begrippe. Met behulp van hierdie inligting is dit moontlik om onderliggende leerprobleme wat jou kind se funksionering en skoolprestasie beinvloed, te identifiseer.

Ten laaste word 'n emosionele assessering gedoen om ondersoek in te stel na jou kind se emosionele welstand. Ons weet almal dat wanneer ons met 'n persoonlike of emosionele probleem stoei, dat dit beinvloed hoe ons by die werk funksioneer, en hoe dit ons verhoudings met kollegas, vriende en familie beinvloed. Dieselfde geld vir kinders. Persoonlike, emosionele en sosiale probleme kan 'n groot invloed hê op kinders se funksionering en prestasie.

Met die inligting wat ek ingewin het deur assessering en konsultasie met jou en jou kind, sal ek as volg kan help:

Met hierdie inligting kan jy ingeligte besluite neem ten einde jou kind te help.

'n Volle assessering neem gewoonlik 4-ure om te voltooi. Dit kan egter langer neem indien jou kind aandagafleibaar is, 'n stadige werkspoed handhaaf of angstig is. 'n 4-ure assessering kos R4200-00 indien jy kontant betaal (jy kan dit terug eis van jou mediese fonds indien voordele beskikbaar is). Die fooi sluit die volgende in:

Deur kontant te betaal, spaar jy dus sommer heelwat geld. Jy kan egter ook reël dat ek direk van jou mediese fonds eis; maar dan betaal jy die volle mediese fonds tarief. Onthou, kliënte betaal vir my tyd.

Mediese fondse dek nie die fooi van die verslag nie. Die verslag kos R700-00, en die ouer is persoonlik daarvoor verantwoordelik.

Lees meer oor skoolgereedheid en beroepskeuse in die Engelse afdeling of in die Blog gedeelte

Kansellasies

Dis baie belangrik om kennis te neem dat 'n 24 uur kansellasie beleid geld. Indien kliënte nie voortydig kanselleer nie, is en bly hulle PERSOONLIK verantwoordelik vir die betaling van die sessie.

Hierdie beleid is nodig omdat dit my kans gee om 'n ander kliënt in die tydgleuf te plaas wat jy nie gaan gebruik nie.

Kontak

Christelle du Plessis, Opvoedkundige Sielkundige M.Ed (Psych)(RAU)


Lees gerus die Engelse gedeelte van die inligting indien jy meer inligting nodig het, of kontak my gerus via e-pos of per telefoon. Ek hoor graag van jou!

Praktyk

Resilient Head
Resilient Family Sielkundige Praktyk
Eenheid 154, Mulberry Lane Kompleks
0B Leslie Laan
Magaliessig
Sandton
2191

info@resilientfamily.co.za
084 712-0428
086 551-7262

Opvoedkundige Sielkundige geregistreer met die Health Professions Council of South Africa
HPCSA nommer: PS 0081825

Mediese praktyk geregistreer met BHF
Praktyk nommer:PR 086 003 0116645

Powered by  Gaelyk and  Groovy|Template by ppparticularity

 © Resilient Family 2014 - All rights reserved 

 Webmaster: webmaster@resilientfamily.co.za